Home » Tickets
Welcome Guest

ANNUAL CHRISTMAS PERFORMANCE STILLE NAG, COENIE DE VILLIERS & ANDRÉ SWARTZ

Sunday, 26th November TIME: 15:00

Etienne Rousseau Theatre

Twee ware legendes is by die Etienne Rousseau-teater met ‘n splinternuwe vroeë Kersvertoning te sien op 26 November hierdie jaar. Dis ook die eerste keer waar hulle hierdie betrokke konsert sal aanbied. André Schwartz en Coenie de Villiers het geen bekendstelling nodig nie, maar met hierdie vertoning kry hulle samewerking ‘n nuwe dimensie.

“Ons geniet dit om saam te werk. Om ‘n maand voor Kersfees iets nuuts op die planke te bring gee ons kans om ‘n vars repertoire te beproef,” sê De Villiers. André Schwartz stem saam. “Die wêreld beleef onrustige tye – ons hoop ons kan ‘n boodskap van vrede en skoonheid deel wat ons gehoor se lewens sal raak,” sê hy. “En as ons van nagliedere praat, is dit nie net Kers-gunstelinge nie. Ons program sluit ook immergroen treffers soos Music of the Night en Karoonag in. Daar is iets vir almal in die gesin, daarom ook juis ‘n Sondag-middag vertoning in Sasolburg.

Hoewel Schwartz hoofsaaklik as sanger bekendheid verwerf het, skuif hy vir hierdie vertoning saam met De Villiers agter die klawers in. “Dis ‘n deel van André waarvan min mense weet – hy is ook ‘n besonder knap pianis. Dis lekker om hierdie nuwe dimensie by ons konsert by te roer,” lag Coenie.
ANNUAL CHRISTMAS PERFORMANCE STILLE NAG, COENIE DE VILLIERS & ANDRÉ SWARTZ

Sorry, this event is over